![](https://www.nefcorp.co.za/wp-content/themes/Total/assets//images/placeholder.png)
Sewe sakevroue ding mee om pryse, SAKE24.COM
Sake24.com – Sake 24
Die finaliste vir die Suid-Afrikaanse vereniging vir sakevroue (Bwasa) se 33ste jaarlikse Sakevrou van die Jaar-prys is pas aangewys.
Die finaliste in die korporatiewe kategorie is Dawn Rowlands, uitvoerende hoof van Aegis Media SSA; Mapule Mphaki, bemarkingsdirekteur van Aveng Manufacturing; Roberta Naidoo, besturende groepdirekteur van ABN Group; en Jacqueline Brown, Oos-Londense hawebestuurder vir die Transnet Nasionale Hawe-owerheid.