Lening aan boetiek ‘nasionale skande’, Volksblad.com – Volksblad
Lening aan boetiek ‘nasionale skande’, Volksblad.com – Volksblad
KAAPSTAD. – Dit is ’n “nasionale skande” om R34 miljoen vir ’n boetiek vir rykes beskikbaar te stel in ’n land wat sukkel met die driedubbele uitdaging van armoede, ongelykheid en werkloosheid.
Die Cosatu-geaffilieerde klerewerkersvakbond Sactwu het gister so gereageer op berigte dat die Nasionale Bemagtingsfonds (NEF) sodanige lening aan Ndalo Luxury Ventures (NLV) gedoen het.